Dokte's Newsletter: November 2010

Awe

Hier is die November 2010 newsletter…

‘WEEKEND SPECIAL’
Eerstens, as jy nog nie my eerste single ‘Weekend Special’ gekry nie, click hie om jou free copy te kry: http://dokte.com/2010/11/weekend-special/
Ek het besluit dat jy jou email adres daar moet invul sodat n link virrie track na jou email adres kan gestuur word. Som emails het limitations met file sizes en media files, soe dit sou n bietere way wies.
O ja… Dis nie n remake van Brenda Fassie se ‘Weekend Special’ nie. Dis ‘n lekke paatie Afrikaans Hip Hop track – ‘n original track met n heeltemaal anne sound soe ek hoop julle dit sal geniet.

DIE NUWE ALBUM
Die plan was om my nuwe album in Desember 2010 te drop, ma ek herrit ma gechange tot soe about Feb 2011 cos why, die timeline was ‘n bietjie tight.
Al die tracks is kla, ek luister eintlik na die final album op CD elke nou en dan innie kar en innie studio, ma nou jik die man om nog te skryf en record – os sal ma sien wat innie nex maand gebeur.
Soes ek op Dokte.com announce het – die naam vannie nuwe album is ‘Die Afspraak’ en soes it nou staan is da 18 tracks oppie album.

HIPHOPKOP
Ek was op Sat 20 Nov afgevlieg na Oudtshoorn virrie launch vannie HipHopKop kompetisie. Ek het klomp Afrikaans rappers da gemeet wat Paarl, Worcester, Kuilsrivier, Saldanha en Oudtshoorn represent. Dit was n kwaai show en media van MK, Rapport, Die Burger, Die Son en n paa anders was daar ommie event yt te check. Die rappers wat ytgestiekit was Danny B, Gino, Junior MC, Theo & Melly Gray (amal vannie Oudtshoorn); en Hemelbesem, Phoenix, Slim X, Dokter Kapnoudis, MC Cole, Boere, P.I.K. en ekke hettie trip daantoe gemaak, plus DJ Cue was oppie decks.
Ek het n blog geskryf daaroor op Dokte.com toe ek terug gekommit – check it yt hie: http://dokte.com/2010/11/hiphopkop-in-oudtshoorn/
Da’s n video wa ek en Boere ge-interview was by MK – check it yt hie: http://dokte.com/2010/11/video-dokte-boere-gesels-hiphopkop/
Plustens, da’s n pa kwaai photos op Dokte.com van my performance met Boere op stage byrie launch – check it yt hie: http://dokte.com/2010/11/hiphopkop-pics-dokte-op-stage/

DOKTE.COM
Die website kom nou lekke aan en ek try ommit te update met nuwe goed elke nou en dan.
Die lyrics section het nou net die lirieke van ‘Maak Mekaa Sterk’, ‘Koep ‘n Getsbie’ en die nuwe single ‘Weekend Special’. Ek gat stadig lyrics van nog songs add.
Ek is biesag om my Discography section reg te maak en sal nou-nou op is.
Behalwe virrie pics ennie video, het ek twie blogs geskryf innie laaste maand of soe – die laaste eene was oor die HipHopKop en voor dai oor my nuwe single ‘Weekend Special’.
‘Die Spreekkaame Miekstyp” wat ek n paa maande trug met DJ Azuhl gedoenit is nog once available for free – die link is oppie Spreekkaame Miekstyp blog op Dokte.com hiesa: http://dokte.com/2010/08/download-die-spreekkaame-miekstyp/
As jy it noggie hettie, kry it soema nou!

KOOP MY MUSIEK
Oppie regte kant is links om al my vorige albums as mp3’s te koop op Rhythm Music Store – click net oppie album wat jy wil uitcheck. Die enigste album wat op CD beskikbaar is, is die Kallitz – Dukgesuip album. Check op http://www.facebook.com/kallitz hoe om ‘n copy te order.

Ok, dai is al vi nou.
Dankie dat jy die tyd gevat het ommie newsletter te lees. Feel free om die email aan al jou vrinne te forward as jy wil – gebruik net die link reg onder.

Dydlik!

Dokte

P.S. Check my Facebook, MySpace en Twitter profiles ook uit:

Dokte op Facebook

Dokte op Twitter

Koop Musiek op Rhythm Music Store

Update jou info

Forward na jou brasse

ο»Ώ

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s